PE Church Net

[ Home ]   [ Business Directory ]   [ Calendar ]   [ Church Directory ]   [ Classified Ads ]
[ Links ]   [ Ministries ]   [ Music ]   [ News ]   [ Spiritual ]   [ F.A.Q. ]   [ Contact us ]

Event: Gretha Wiid Konferensie 2012

[ Back ]   [ Submit your Christian Event ]   [ Subscribe to free services ]   [ Calendar Main Page ]

Email us Share this page on facebook

Grethe Wiid

Gretha Wiid Konferensie 2012

11 FEBRUARIE 2012 - PORT ELIZABETH
NMMU LOUBSER AUDITORIUM, 2DE LAAN, SUMMERSTRAND

Wow, wat ‘n gebeurtenis – vir die 1ste Keer is Gretha Wiid
in Port Elizabeth om met almal te kom deel oor
Tienerwees en Vrouwees.

Bekende skrywer en spreker van “Eva se Lyf”,
Liefdestale asook “Worthy Women 2011”.

Duisende huwelike in die 21e eeu is vasgevang in dodelike roetine, gejaagdheid en blote oorlewing van dag tot dag.  In die proses voel huweliksmaats met die tyd saam meer as dikwels nie geliefd, gewaardeerd of belangrik nie. 

Om dinge te vererger WYS en ERVAAR mense liefde op verskillende maniere. Dalk probeer jou maat om gereeld tyd saam met jou te spandeer, terwyl jy ‘n drukkie soveel meer sal waardeer.  Miskien probeer jy om jou man se liefde te wen met jou lekker borde kos, terwyl hy eintlik jou woorde van waardering  en erkenning nodiger het as enigiets anders. En só bly baie paartjies leeg en gefrustreerd omdat hulle liefde wys op maniere wat hulle maats nie raaksien nie. Op hulle beurt begeer hulle sekere dinge waarvan die ander een weer salig onbewus is. 

Gretha bied Eva se Lyf aan in heerlike Afrikaanse idioom en beloof om jou te inspireer en selfs wakker te skud!  

Jongmense / Hoërskole / Tieners kom luister na Gretha oor
Groepsdruk, “cool” wees en alles wat saak maak vir julle.

Yeeeeee-ha!  Nou uiteindelik oppad hoërskool toe!  En nou kan jy gereed wees om alles te face wat vir jou wag.  Kom raak slim en straatwys oor groepsdruk, en sit elke vrees, bekommernis en versoeking op sy plek!  Kom kuier saam met honderde ander ouens en meisies.

Moenie hierdie geleentheid misloop nie! ALLES oor verhoudinge, keuses en pêlle.  En natuurlik moet ons praat oor die media se invloed op jou lewe en siening oor seks, liefde en verhoudinge. Ek belowe, dis die beste belegging óóit in jou vrouwees en manwees!  Kom kuier tot jou tone tintel en die butterflies in jou maag moeg is!

MAMMA’S EN PAPPA’S VIR JULLE AANDAG!

In ‘n tyd waar kinders al hoe meer druk vanaf die media en maats kry, om nie te praat van die dinge rondom tegnologie nie, is dit SO nodig dat jy as ouer moet seker maak dat jou kind weerbaar is, en dat hulle sterk genoeg is om die regte keuses te maak. En watter dag is beter as hierdie een om jou kind te leer, te help, te rig…selfs te red! Moenie hierdie geleentheid misloop nie! Jou kind gaan leer wat die impak van sy/haar maats is asook die keuses wat hulle maak. Miskien was jou eie kind nog nooit op een van die kampe nie, maar ek kan jou vanuit ander ouers en tieners se getuienisse en terugvoering belowe: Dis die beste belegging óóit in jou kind se vrouwees en manwees!

Kom kuier saam met ons vir die dag en belê in jouself en jou kinders, vir beter verhoudings in enige familie.

Kostes :
Kinders (tot 18 jaar)          R50 per persoon
Volwassenes                   R100 per persoon
Kaartjies beskikbaar by Computicket (landswyd)

Datum : 11 Februarie 2012

Plek : NMMU Loubser Auditorium, 2de Laan, Summerstrand, Port Elizabeth

Tye : Tieners (Oggend Sessie) 09h00 – 12h30
          Dames (Middag Sessie) 14h00 – 17h30

Temas :      Eva se Lyf en Vrouwees (Dames)
                  Tienerdinge en Cool Wees (Kinders / Jong Volwassenes)

Enige navrae, skakel Belinda by 082 714 0114 of epos belinda.venter21@gmail.com.

Verversings beskikbaar, Gratis en veilige parkering - Gretha Wiid Konferensie se Mediaborg - BayFM

Home | Business | Calendar | Churches | Community | Links | Ministries | Music | News | Spiritual | Contact us
Click here to subscribe to our FREE email services
© 1999 - 2012  PE Church Net ..... Disclaimer | Privacy Policy | Our Vision