Willem de Klerk is 'n liedjie skrywer, komponis, komediant en promotor wat woon in Port Elizabeth, Suid Afrika.

Met 2001 op sy rug en verskeie toere in die Oos, Noord, Wes Kaap en Vrystaat dank ek God vir Sy genesende krag, genade en wonder werke wat ek ondervind het.

As dit die here se wil is, sal ons graag ons vlerke sprei in die onbekende Transvaal by Godskinders in Nigel, Hatfield, Pretoria, Johannesburg, ens.

Korrespondensie moet gerig word per pos address of fax.

Naam: Manna
Kategorie: Afrikaanse Gosepl, Mobiele Gospel Klanke en Promotor
Pos Address: 62 Silveroak Straat, Algoa Park, Port Elizabeth, 6001
Kontak: Willem de Klerk - Tel 041 456-1006 / Cel 083 747-4920 / fax 041 374-4282
Web tuiste: www.pechurchnet.co.za/music/manna.htm
Bank: ABSA Bank Reg No 1986/004794/06 Kempston Weg, Port Elizabeth
Rek. No: 9085957483

Donasies of liefdes offers baie welkom.

AFRIKAANSE GOSPEL
Willem de Klerk het die afgelope drie jaar 19 liedjies van sy saligmaker ontvang. Liedjies wat jou can laat huil en lag. Hy se sy groot begeerte is om die liedjies deur bekende sangers te laat sing sodat die boodskap van goeie nuus deur baie monde versprei kan word.

MANNA PROMOTORS
Port Elizabeth - Vanjaar gaan Willem de Klerk die gewilde gospel sanger Suzette se sake belange bestuur. Haar 2de CD word vrygestel einde April 2002. Die eenvoudigheid van die liedjies kan lekker saam gesing word en is geestelik verykend. Hierdie CD is 'n moet in elkeen se huis wat die Here dien. Sy het al die liedjies self geskryf behalwe die twee bonus snitte.

Willem ket hom ook verbind om sy gewig to gooi by 'n minder bevooregte groep, die Soul Redeemers van die Noordelike woongebied. Die groep van 10 met hul tradisionele sangstyl sal nog baie hordes se harte verbly. Hul eerste CD Gospel Gold sal eersdags die mark betree.

 

KOMEDIANT MET 'N VERSKIL
Behalwe van die pragtige liedjies wat Willem de Klerk bedien is hy ook 'n komediant wat oud en jonk se lag spiere prikkel, deur Bybel stories te vertel, met sy pop Wurmpie Aapies. In 2001 het hy verskeie huise vir bejaardes en ook skole op die platteland besoek.

POP IDOL
Satan misbruik musiek op groot skaal en gaan gepaart met dwelm misbruik. Regoor die wereld word daar gesoek na 'n Pop Idol en is een van die gewildste programme op T.V.

Maar ons loof Hom soos in Psalm 145 tot 150.

MUSIEK IS 'N GODSGAWE
* Dit is die pad na gees en siel van die mens
* Dit is 'n motivering. Die keuse is joune
* Dit het 'n terapeutiese invloed op die mens
* Nie net om oor God te sing nie, maar om uit jou hart tot God te sing
* Om 'n liefdes band met God te he.
* Dit ontwikkel jou karakter
* Dit is herhaaldelike offer
* Dit verg tyd, energie, geloof en gehoorsaamheid en nie gewoontes
* Vergoeding, seeninge, sekuriteit onbeberk

 
MOBIELE GOSPEL KLANKE
Word gedryf deur 'n Fender klank stelsel vir binne- en buitemuurse aktiviteite asook opnames
* Prysuitdelings
* Kermisse
* Sangfeeste
* Opelug dienste
* Motorfiets byeenkomste
* Alle Christelike funksies
* Lewendige uitsendings van plaaslike kunstenaars

Been vaste tarief
Donasies welkom


Designed & hosted byP.E. Church Net  

last updated 8 April 2002


Find it fast !

Powered
by

PicoSearch Help

Home | Business | Calendar | Churches | Community | Links | Ministries | Music | News | Spiritual | Contact us
Click here to subscribe to our FREE email services
© 1999 - 2010  P.E. Church Net ..... Disclaimer | Privacy Policy | Our Vision