P.E. Church Net
EVANGELISM

EEIII
(Evangelism Explosion)
Click here for English 


EE III in Suid Afrika. Die evangelie in die Voorste Linie!
Wil u getuig? Wil u u gemeente sien groei? Dan is EE III vir u!

WAAROM EE III?

Baie gelowiges weet hulle moet getuig, maar hulle vra: Hoe? EE III is die antwoord op daardie vraag!!
Gelowiges word geleer hoe om die goeie nuus van die evangelie van Jesus Christus met vrymoeddigheid en op spontane wyse met ander te deel!

IS EE III GEVESTIG IN SUID AFRIKA?
Ja - EE III is reeds meer as 20 jaar in Suid Afrika.

  • Reeds in meer as 300 gemeentes en 30 denominasies

  • Meer as 4000 lidmate word jaarliks toegerus, terwyl duisende mense na Christus gelei word as deel van die opleiding!
  • Opleiding in al 11 amptelike taale!
  • Goed gevestigde infrastruktuur met hoofkantoor in Pretoria en landswye streekkantore en veldwerkers.

WAT IS EE III?

  • Gelowiges word toegerus om effektief persoon-tot-persoon te getuig

  • Bybelgefundeer en gemeente gebaseer
  • Eenvoudig genoeg vir almal om te verstaan, maar kragtig genoeg vir 'n dinamiese impak
  • Bekostigbaar vir almal
  • Geskik vir sowel lidmate as leraars, sendelinge en evangeliste.
  • Die antwoord vir leraars en ander gemeenteleiers in die uitdaging om die groot opdrag te vervul
  • EE III word wereldwyd gebruik, in al 212 lande van die wereld, met meer as 'n miljoen mense wat jaarliks tot geloof in Christus gelei word.

VIR WIE IS EE III?
Leraars en ander gemeenteleiers word oor 5 dae opgelei. Hulle keer dan terug na hul gemeentes en lei hul lidmate oor 13-16 weke op.

WAAROM IS EE III UNIEK?

  • Praktiese getuig is deel van die opleiding.

  • Getuig binne vriendskap- verhoudings.
  • Geskik vir alle gelowiges - nie slegs vir begaafdes nie.
  • Gelowiges kry vrymoedigheid om as lewenswyse te getuig.
  • Rekenskap is ingebou- dit is nie tref en trap nie.
  • Getuies vermenigvuldig hulself.
  • EE III is koste-effektief
  • Dit is interkerklik
  • Dit werk in alle kulture
  • In enige gemeentestruktuur.

WAT WORD GELEER?

  • Beginsels van evangelisasie

  • Visie vir evangelisasie
  • Teoretiese opleiding
  • Praktiese indiensopleiding
  • Hoe om die evangelie te deel
  • Hoe om iemand na Christus te lui
  • Onmiddelike nasorg
  • Voortgesette nasorg
  • Geestelike groei
  • Getuies word geleer om ander op te lui
  • Die evangelie staan in die sentrum, synde die "krag van God tot redding van elkeen wat glo" - Rom 1:16
  • Goeie kwaliteit materiaal is by die opleiding ingesluit.

AKKREDITASIE!
Na suksesvolle voltooiing van die opleiding word deelnemers by EE III Internasionaal geakkrediteer!

HOE KAN EK REAGEER?
Kontak EE III:
Webwerf: www.ee3.co.za
Tel: 021 976-8031

 
back to top


Information taken from EEiii promotional literature. Text and logo ©EEiii
P.E. Church Net has posted this page to support EEiii in spreading the Gospel
last updated 15 November 1999


Find it fast !

Powered
by

PicoSearch Help

Home | Business | Calendar | Churches | Community | Links | Ministries | Music | News | Spiritual | Contact us
Click here to subscribe to our FREE email services
© 1999 - 2010  P.E. Church Net ..... Disclaimer | Privacy Policy | Our Vision