P.E. Church Net

CHRISTIAN MEDIA
Die Erdekruik 


Read this article in English

Die Erdekruik / The Vessel
"Ef. 6:15 " - en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede!"

Dierbare Vriend,

Ek groet jou in die wonderlike naam van Jesus Christus.

UITNOODIGING & BEKENDSTELLING:
Dit is met opgewondenheid dat ons DIE ERDEKRUIK in die Oos-Kaap bekend stel. Vanaf September 2000 uitgawe sal daar 'n spesifieke spasie slegs aan die Oos-Kaap gealokeer wees. Graag rig ons 'n vriendelike versoek tot u om dit biddend te oorweeg of as u as persoon, kerk of besigheid nie by die verspreiding van DIE ERDEKRUIK betrokke wil raak nie. Indien u positief oor hierdie publikasie is kan u gerus ons Oos-Kaap kantoor skakel.

WIE EN HOE VERSPREI DIE ERDEKRUIK?
"Ef. 6:15 "....en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede!"

Christen besighede, individue en kerke is tans die grootste verspreider van DIE ERDEKRUIK, deur 'n hoeveelheid van die koerante te borg of advertensie spasie in die koerant te koop, help hierdie persone/instansies om DIE ERDEKRUIK aan lidmate, kliente, vriende en familie te "saai". DIE ERDEKRUIK gaan reeds landwyd vanuit winkels, vulstasies, kerke, skole, christenorganisasies, kampe en individuele verspreiders uit, so kom dit uit by "gered" en "ongereddes".

HOEVEEL KOERANTE WORD VERSPREI?
Die verpreiding is die vreemdste en mees unieke wyse waarop 'n koerant versprei word maar hoe anders as ons by die 'ongeredde" wil uitkom - so 'n persoon gaan nie kerk toe, en koop nie christelike leestof nie, daarom moet ons vra dat christene die koerant in 'n groot maat sal aankoop of borg en aan andere beskikbaar sal stel, 'n manier van Saad in 'n bediening. Tans word daar 30 000 koerante gedruk en landwyd versprei. volgens die huidige aanvraag en belangstelling en die feit dat daar 'n co-ordineerder in die Oos-Kaap aangestel is sal die oplaag eersdags drasties verhoog word.

Die persentasie verspreiding van Die Erdekruik koerant is soos volg :
 ± 40% in Gauteng and Noordwes provinsie;
 ± 20% in Limpopo and Mpumalanga provinsie;
 ± 20% in the Tuin Roete and the res van die Kaap provinsie;
 ± 20% in die Vrystaat and Vaal Driehoek.

DIE VISIE VAN DIE ERDEKRUIK:
Met 'n visie van die Here om 'n Christen koerant uit te gee is DIE ERDEKRUIK in April tot September 1998 in Potgietersrus gebore.

DIE MISSIE:
Die Missie van DIE ERDEKRUIK is om net goeie nuus van oor kerkgrense heen, van die stad na die platteland en van die platteland na die stad te neem. Om kerknuus, gebeure, seminars, bekendstelling van verskillende bedieninge, lering en veral getuienisse van redding, genesing, finansiele oorwinning ens. te plaas om mense wat in soortgelyke probleme vasgevang is te bemoedig. Klem word veral gele op die bekendstellong van verskillende bedieninge.

'N SPREEKBUIS VIR ALLE KERKE:
DIE ERDEKRUIK is nie gekoppel aan 'n spesifieke kerk of denominasie nie, maar wil graag as 'n spreekbuis dien vir alle kerkgenootskappe om so die evangelie en goeie nuus uit te dra en om ook die Liggaam van Christus in geheel aan almal bekend te stel. Gemeenskapdienste met Christenwaardes sal ook bekendgestel word.

GEDRUKTE EVANGELIE AAN HUISE VAN DIE OOS-KAAP:
Dit is die visie van die Oos-Kaap om die Evangelie deur middel van DIE ERDEKRUIK na die huise van die Oos-Kaap te neem. In die dorpe waar DIE ERDEKRUIK reeds bekend gestel is, geniet die plaaslike gemeenskap, oor kerkgrense heen, dit nie net nie, maar verwelkom dit ook om kontak te maak met mekaar in 'n koerant wat 'n boodskap van vrede, versoening en liefde uitdra met Jesus Christus as die hoeksteen. 'n Koerant vol bemoediging en opbou vir die gebrokene van hart. En dit vervul ons roeping om in en aan die Liggaam van Christus 'n bydrae te lewer vir eenheid en vir die opdrag om die evangelie te verkondig.

Is u gewillig om 'n bydrae te lewer? Ek nooi u uit, dit kan 'n verskil maak in u dorp en omgewing!

'n Koerant met 'n verskil! 

Hoofkantoor
Posbus 18844
Pretoria Noord, 0116
Tel: 012 - 567 0098 / 567 0270
Faks: 012 - 543 2535
Ciska: 082 785 7527

www.thevessel.co.za


back to top

to Homepage


P.E. Church Net has posted this page to support Die Erdekruik / The Vessel